Daar is ‘n regte manier

Oupa loop altyd naby die heining. So elke nou en dan voel-voel hy aan die draad of wikkel ‘n paaltjie. Daar was niks slap-hangery in sy heinings nie. Hy het jou ook sommer vroeg-vroeg al geleer hoe om deur ‘n draad heining te klim, sodat jy nie alles opdonner nie. Net dorpselling probeer bo-oor gaan, […]

Ouma se boksie krale

Partykeer het mens jou Ouma nodig. Dis nou maar net hoe dit is, en dan moet jy nou maar gaan waar Ouma gaan en doen wat Ouma doen. Ouma was ‘n besige vrou. Sy het elke dag vroeg opgestaan en dinge gedoen. Die hele dag lank waas daar nie ‘n oomblik wat sy nie bedrywig […]