Stories
-
‘n Belangrike Lewensles
Ek het die voorreg gehad om op Tweemanskop groot te word. ‘n Deel van my lewe wat ek glo mygevorm het en grootliks bygedra het tot wie ek is. Ek is baie dankbaar vandag daaroor en ek het diewonderlikste herrinneringe van my jeug. As gevolg van die feit dat my ouers ook op die plaas…
-
Daar is ‘n regte manier
Oupa loop altyd naby die heining. So elke nou en dan voel-voel hy aan die draad of wikkel ‘n paaltjie. Daar was niks slap-hangery in sy heinings nie. Hy het jou ook sommer vroeg-vroeg al geleer hoe om deur ‘n draad heining te klim, sodat jy nie alles opdonner nie. Net dorpselling probeer bo-oor gaan,…
-
Leentjie se gedagtes
Liewe Willem, Dis nou so spesiale gedagte dat ons ons ervarings van Tweemanskop met mekaar kan deel! Elkeen ervaar n plek of gebeurtenis anders. Ek het nie noodwendig stories, maar my ervarings was van kleins af vir my iets besonders. Daar was ook die swaar van groot word, teenoor die avontuur. Oom Callo…
-
Tweemanskop (Bé se storie)
My kleintyd herinneringe is sinoniem met Tweemanskop. Vandat ek kan onthou het ons gesin ten minste een maal per maand vir die naweek plaas toe ontsnap. Verseker was dit een van die beter hoogtepunte van my kinderlewe. Dis ‘n ver pad om terug te gaan in my gedagtes……meer as 40 jaar! Die rit soontoe het…
-
Wingerdstok vir die Voorhekkie Prieel
Wingerdstok vir die Voorhekkie Prieel Daar was ‘n paar goed wat Oupa se trots was in die wêreld,…… of so het dit vir my gelyk. Ek is seker daar was ander goed ook, maar vir my was dit veral waar van party goed. Seker onbelangrik in die ”big scheme of things”, maar belangrik genoeg om…
-
Ouma se boksie krale
Partykeer het mens jou Ouma nodig. Dis nou maar net hoe dit is, en dan moet jy nou maar gaan waar Ouma gaan en doen wat Ouma doen. Ouma was ‘n besige vrou. Sy het elke dag vroeg opgestaan en dinge gedoen. Die hele dag lank waas daar nie ‘n oomblik wat sy nie bedrywig…
-
Geeeee goooo gaggieeee
Dis vreemd wat mens onthou van jou kinderjare. Ja, ek maak dit klink of ek regtig oud is maar ek praat nou van daardie jare wat jy regtig jonk was en alles vir jou groot gevoel het. Ja daardie jare, toe jy te klein was om te weet wat Brandewyn was, maar groot genoeg was…