The wonderful life of Charlie & Kedos
Gits ek weet nie, ek is net al lankal lus om dit te doen, ek vertel graag stories van die plaas en van oupa en ouma. Ek reken dit (die plase, die mense die ondervindinge) moes n groot indruk gemaak het op my toe ek klein was en n groot deel van my jeug was ons op die plase en om oupa en ouma. Baie skoolvakansies en baie sondae het ons op die plase spandeer. Beide Tweemanskop en Somerville.
Ek reken wanneer ek stories van daardie dae vertel en as ek stories herhaal van wat ek vroer gehoor het, wonder ek of daar nog stories is…… stories wat ek nie ken nie, want ek was nie daar nie of miskien was ek besig om aan te jaag toe hulle vertel was. Daarom het ek hulle nie gehoor nie maar miskien kan ek hulle nou hoor.
In my storiebiblioteek van stories is daar stories van groot wild jag, oupa en ouma se ontmoeting, raportryery, ossewaens, leeus, oupa se hoed innie hof, ‘n boetie se liefde vir ‘n boetie, ongelukke, en ‘n snaakse storie oor ‘n tros.
Maar daar is dalk ander, en ek hoop van die mense wat stories het sal hulle hier deel, sodat ons saam kan onthou. Veral sodat ek seker is ek het nie dalk uitgemis op het op iets nie van die twee merkwaardige mense nie.
Without stating the obvious, ons het nou al aan ‘n paar mense wat stories gehad het verloor, maar ek glo daar is nog goeie materiaal tussen julle as julle stil sit en terug dink onthou jy dalk iets wonderliks.
Ja ek weet almal is nie skrywers nie, veral nie ek nie maar hoe anders gaan ek my stories met julle deel. Ek hoop elkeen van julle vat n paar minute uit julle besige lewens uit en sit voor jou gunsteling skerm en skryf iets vir ons om oor te reminis. As dit kort is…… wonderlik en as jy will bos gaan “ knock yourself out” ons sal dit vat.
Share fotos en dinge hier, of as julle n beter manier het om dit te doen lig ons in… ek is in.
Baie liefde en groete
Willem